Monday 6 August 2007

Descenso Internacional del Sella 2007

Ons het die naweek van die 3e - 5e Augustus die 71ste Descenso Internacional del Sella (uitgespreek Sejja) wedvaart in Asturias, Spanje gaan doen. Dit is 'n 20km wedvaart tussen Arriondas en Ribadesella, maar om eerlik te wees die roei is 'n bysaak. Omtrent 100 000+ mense sak op die dorpies toe vir die feestlikhede rondom die roei en daar is geen einde aan die Spanjaarde nie.

Suid Afrika

Dit was lanklaas so voordelig om van SA af te kom, ons is dikwels die skurke wat visa's moet kry om enige plek heen te gaan en ondervra word op die lughawe ens, maar met die Sella het dit vir ons getel. Ons het sonder 'n boot daar opgedaag want ons kon nie met iemand gereel kry om ons s'n te vat nie. Gaan praat toe met die organiseerder wat nie juis behulpsaam was nie totdat hy gehoor het ons is van SA, hy reel toe binne 5 minute vir ons 'n boot, ook het hulle te veel plek bespreek vir die SA span (wat regtig al die pad gekom het van SA) en so het ons lekker op 'm bed geslaap ipv om te kamp tussen al die feesgangers. Na die resies het dieselfde organiseerder ons in die ete tent gekry waarvoor ons vergeet om te bespreek, ons wou nog vra of daar kaartjies te koop is toe soek hy al vir ons oopplek aan die tafel. Suid Afrika het 3e in die span kompetisie gekom na Spanje en Hongarye wat uitstekend is as mens dink hoe ver hulle moes gekom het, ons is egter nie deel van die prestasie nie want ons het vir die BCU (British Canoe Union) geroei, die gawe organiseerder oom weet dit natuurlik nie.

Die wedvaart


Ek (Gert) roei al 13 jaar + en dit was die mees chaotiese wegspring wat ek al ooit beleef het, nie dat dit nie goed georganiseerd is nie, die aard van die rivier laat net nie toe dat dit anders sal wees nie. Die foto's hieronder sal julle dalk 'n idee gee:















Almal se spane word vasgesluit sowat 50m van die rivier af, die bote le op die wal en na die sing van die Asturias provinsiale lied word die groen lig gegee (letterlik). Die spane word dan tegelyke tyd los gemaak, almal hardloop dan vir hulle bote en kom so vinnig as moontlik op die water.
Op die water is die bote oor en onderdeur mekaar, ek is trots om te se ons het regop daar deur gekom.

Die laaste twee derdes van die afstand raak dinge rustiger, dan is die net lekker verder, klein stroomversnellings en pragtige omgewing. Duidelik ook dat die Europeers baie minder as ons SA'ers op riviere roei!



















Sidra is appel "cider" waarvoor Asturias bekend is. Daar is 'n spesifieke manier waarop dit ingegooi moet word sodat daar gas inkom. Die bottel word bo jou kop gehou en die glas so laag as moontlik, jy moet dan mooi mik om iets in jou glas te kry. Jy gooi net klein slukkies op 'n slag wat jy dan vinnig drink voor die gas weer uitgaan. Die gooiery is pret maar dit is vrek sleg, smaak na vrot appels. Selfs nugter mis die mense maar baie, so die strate en als ruik na vrot appels.















Vrydag aand is die feestlikhedein Ariondas en Saterdagaand skuif dit hoor Ribadesella toe.
Al die strate word toegemaak en mense dans oral, dit is een groot partytjie, disco ligte, "mirror balls" en wat alles word teen die gebou gehang en daar is oral musiek. Die atmosfeer is regtig ongelooflik. Selfs al roei mens nie sal ek enige iemand aanbeveel om na die Sella toe te gaan.

Tuesday 12 June 2007

Firenze, Italie April 2007

Ons het vir 'n vinnige naweek Firenze (Florence soos die Britte se) toe gegaan.
Italie gaan oor eet en dit is wat ons meestal gedoen het, veral roomys. Tussen ons twee het ons 24 geure roomys in die 2 dae uitgetoets (Donker sjokelade, Wit sjokelade, Pistachio, Klapper, Suurlemoen, Aarbei, Pynappel, Spanspek, Vanilla, Hazelneut, Creme Brule, Tiramisu, Kaneel om net 'n paar te noem.




Ek het op die nippertjie agtergekom die hotel wat ek vir ons bespreek het is in die middel van nerens, wel die karavaantjie moes toe maar doen. Dink nie ons sal slegte "Trailer Trash" uitmaak nie.







Voor ons vertrek het na Florence het ons gou die leunende toring van Pisa besoek ->




<-Hier gee Marna 'n Fiat 'n drukkie






Die Roomys ->

Ons langs die rivier Arno in Pisa Die bekende Ponte Vecchio brug oor die Arno


Tuesday 10 April 2007

Parys April 2007

Goeie dag



Ons hoop julle almal het 'n heerlike paasnaweek gehad. Ons het 'n wonderlike tyd in Parys gehad. Ons het sommer met die Eurostar gery, baie gemaklik want mens vertrek van Waterloo wat lekker naby aan ons is en ry tot in die midde van Parys.

As jy ooit gedink het Parys is romanties uit die flieks wat jy dalk gesien het, of boeke wat jy gelees het, dit is! Jy kan nie help om te dink jy is in 'n ander wereld nie, maar dit is nie net jy nie, daar is ongelooflik baie toeriste oral!

Ons het al die bekendes besoek, Le Tour de Eiffel, Mona Lisa, Notre Dam, Sacre Coeur ens. Maar meestal het ons net rond gedrentel en die atmosfeer van die stad geniet, piekniek gehou op 'n grasperk erens of langs die Seine met Franse wyn, Brie en Baguettes.












Regs: Gert langs op die grasperk voor die Sacre-Coeur





Links:
Ons by Le Tour de Eiffel, dit is regtigwaar 'n indrukwekkende konstruksie.












Regs: Aandete
Links: Gert by 'n "Cafe" in Mont Marte, 'n pragtige area van Parys, hier sal jy Moulin Rouge ook kry, maar jy sal dit maklik mis, nie juis noemenswaardig nie.


Onder: In die park in La Marais area

















Bo: Eksperimentele fotofragie


Regs: Langs die Seine
Groete
Gert & Marna